Verwagte feesseisoen hou “COVID-kommer” in vir Nama Khoi
Foto: Verskaf @judebeck

Die 2020-feesseisoen is om die draai en daar heers alreeds groot kommer, dat die Nama Khoi regsgebied ‘n toename in COVID-19 infeksies sal sien.

Dit het aan die lig gekom dat gemeenskapslede steeds oormekaar kuier en by hierdie aangeleenthede glad nie die COVID-19 veiligheidsmaatreëls volg nie.

Dina Beukes, hoof van die departement van gesondheid in die Namakwa-distrik, het gesê die feit dat mense die dodelike en verwoestende uitwerking van die koronavirus-pandemie ignoreer, is ‘n groot bron tot kommer.

“Namakwa is nie gevrywaar van hierdie ‘monster’ nie en plaaslike gesondheidswerkers sal hul absolute bes doen om gemeenskappe te herinner dat die grendelstaat nog voortgaan tot Desember vanjaar.”

“Vlak een van die inperking beteken nie die verslapping van die maatreëls, soos die dra van maskers nie.”

Die Noord-Kaap is een van die drie provinsies, wat ‘n opwaarste neiging toon in COVID-19 infeksies.

Daar word ook verwys na inwoners van ander provinsies, wat veral in die feestyd die Noord-Kaap besoek.

“Die risiko word net groter om die gemeenskappe veilig te hou, want daar kan nie vasgestel word of hulle  van hoë-risiko areas afkom nie.”

Die Nama-Khoi regsgebied bly ‘n groot kopseer, en is die afgelope twee maande as die brandpunt van die Namakwa-distrik geklassifiseer.

Beukes het ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om nou groter intensiteit aan die dag gelê, om COVID-19 te beveg.

Die department van gesondheid in die Namakwa-distrik is besig om hul data en statistieke rondom die koronavirus weer agtermekaar te kry.

Steinkopf, Concordia, Nababeep, Okiep, Carolusberg, Matjieskloof en Springbok is die areas waaroor die department bekommerd is.

Gemeenskappe moet die klinieke besoek as hulle enige simptome van die virus of griepsimptome toon.

Persone wat simptome toon moet so gou moontlik ‘n COVID-19 toets ondergaan, om te bepaal watter kanale gevolg moet word, rakende die pasiënt se gesondheid en welstand.

Toestsyfers is laag in gemeenskappe, wat beteken dat die mense nie uitgaan om getoets te word nie.

Die department van gesondheid doen ‘n ernstige beroep op alle gemeenskapslede, om hul gesondheidsfasiliteite te besoek as hulle somptome van die virus toon.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES