VIDEO: Kwalifikasie-owerheid ‘sloer’ met Namakwa studente kwalifikasies
Bronvin Mouton (links) met mede studente wat wag op reeksnommers.

Studente verbonde aan die Namakwaland Kampus in ‘n program vir ambag-vakleerlingskap is die josie in oor ‘n kwalifikasie-owerheid wat sloer om hul kwalifiseer.

Bronvin Mouton wat namens die studente praat, sê hul studies is lankal voltooi, maar dat die ‘Mining Qualifications Authority (MQA)’ sy voete sleep om hul ‘reeksnommers’ uit te reik om ‘n handelstoets te voltooi.

Mouton sê sowat 250 studente het drie jaar gelede met die program begin, maar dat slegs 90 die kursus voltooi het.

“Sedert verlede jaar sukkel ons om ons reeksnommers te kry. Vanuit ons groep is daar tans 20 wat reeksnommers gekry het wat huidiglik besig is met hul handelstoets.”

Hy sê sy grootste kommer is egter dat die kollege nie oor die kapasiteit beskik om studente te befonds wat wat beurse vanaf die MQA ontvang het.

Radio NFM het ‘n media-navraag aan die MQA gerig, maar het nog geen terugvoering ontvang nie.

Die Mining Qualifications Authority (MQA), soos gedelegeer deur die Quality Council for Trades and Occupation (QCTO), het ‘n verantwoordelikheid om die gehalte van assesserings in die mynbou- en minerale sektor te handhaaf. ‘n Sertifikaat van akkreditasie word uitgereik aan ‘n verskaffer wat aan al die akkreditasiekriteria voldoen.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!
Live Updates COVID-19 CASES