Video: Namakwa polisie behaal groot suksesse tydens misdaad-operasies

Die Suid Afrikaanse Polisiediens se doel is om te beskerm en te dien.

Om te beskerm is om seker te maak dat die gemeenskappe veilig is in die omgewing wat hulle woonagtig is en om gehalte ondersoeke te loods om skuldiges vas te trek.

So sê die hoof van die polisiegroep op Springbok, Brigadier Francis Hender tydens ‘n onderhoud oor die suksesse van die polisie tydens die feesseisoen.

“Die polisie is ‘n roeping en nie om geld te maak nie,” het die Brigadier gesê.

Die polisie het vanaf 15 Oktober 2019 tot 13 Januarie 2020, verskeie operasies in die Namakwa distrik uitgevoer.

Die polisiegroep bestaan uit 23 polisiestasies, 8 in die Boberg area; Hantam en Karoo Hoogland , 15 in die Kamiesberg; Khai-ma, Richtersveld en Nama Khoi.

Hender sê die Aggeneys, Kleinzee en Middelpos lewer nog nie 24 uur diens nie, maar daar word daaraan gewerk.

“Polisie-beamptes was op minimum verlof tydens die feesseisoen en hulle het opofferings gemaak om die gemeenskappe te dien.”

Die groep bestaan uit 14-eenhede naamlik: inspektoraat, honde-eenheid (op Springbok en Calvinia),  menslike hulpbronne opleidingssentrum, informasie- en tegnologie spesialiste, direktoraat vir ondersoek na prioriteits- misdaad soos die valke, gesinsgeweld en kinderbeskermingseenheid, misdrywe teenoor kinders en vroue, voertuig misdaad ondersoek-eenheid, bom-opruiming,  gesondheid en welstand, reaksie-eenhied, openbare polisïering, snelweg patrollies, polisie motorhuis en veediefstal eenheid.

Vier grensposte maak deel uit van die polisiegroep onder andere Vioolsdrift, Nakop, Alexanderbaai en Onseepkans.

Kolonel Dawid Groenewald, wat reeds 33 jaar in diens is by die polisie, het verskeie suksesse in die Namakwa distrik gedurende die feestyd gedeel.

Tydens verskeie operasies wat toegepas was tussen 18 Desember 2019 tot 2 Januarie 2020, was 94 arrestasies gemaak.

Suksesse was bereik as gevolg van die feit dat gemeenskappe inligting verskaf het.

Brigadier Hender, het gesê tydens die feesseisoen operasies wat gaan eindig op die 31 Januarie 2020, was verdere suksesse bereik onder andere 43 kilogram dagga met die waarde van R185 000, 1 gram kokaïene, 673 daggaplante, Garies omgewing dagga plantasie, 0,29 kilogram tik met ‘n waarde van R 75 000, 1 369 mandrax tablette met waarde van R 75 000, 27 kilogram mandrax poeier, Cat is op beslag gelê asook ‘n onbekende aantal alkohol en onwettige tuisgemaakte brousels.

Bedreigde spesies soos, diere; onder andere skilpaaie, koggelmanders, onwettige produkte vanuit die see en plante was gekonfiskeer.

Daar was op R7000 se vervalste note, vuurwapens en ammunisie op beslag gelê.

Die grootste fokus was die padblokkades, waar voertuie gestop en deursoek was.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!