Borg NFM Ontbyt
Vier nuwe COVID-19 gevalle vir Nama Khoi bevestig
Foto: Verskaf

Die Minister Van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize het gister vier nuwe gevalle van COVID-19 vir die Nama Khoi regsgebied bevestig.

Die Nama Khoi regsgebied het tot op hede 404 gevalle van die virus bevestig.

250 Persone het ten volle herstel van COVID-19.

“Die Nama Khoi regsgebied het 149 aktiewe gevalle van die koronavirus.”

Jongste COVID-19 statistieke in die Noord-Kaap.

Die Minister het nog 109 mense aangekondig, wat positief getoets het vir COVID-19 in die Noord-Kaap.

Dit bring die kumulatiewe totaal, op 21 375 positief bevestigde gevalle te staan.

Die provinsie se totale aantal herstellings staan tans op 17 504, wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 82%.

Jongste COVID-19 statistieke in Suid-Afrika.

In Suid-Afrika was daar 1 622 nuwe gevalle bevestig, wat die totaal bevestigde gevalle op 715 868 te staan bring.

Die land se dodetal het 18 960 bereik, nadat 16 nuwe COVID-19 verwante sterftes bevestig was.

Die herstelsyfer het intussen tot 646 170 gestyg, wat die land met ‘n totaal van 50 738 aktiewe gevalle laat.

Globale COVID-19-infeksies, het 42,75 miljoen bereik, met die dodetal dodetal 1 151 000.

Dagboek, Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *