Vrou tien jaar gevonnis vir poging tot moord op haar gestremde tienerseun
Image: saps.gov.za

‘n 40-jarige vrou van Kagisho buite Kimberley is deur die Galeshewe-streekhof tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis in verband met die poging tot moord op haar 15-jarige gestremde seun.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê op 16 Desember 2018 het die beskuldigde die middag saam met haar vriende alkohol in haar huis in Kagisho gedrink.

“Die man het na bewering na ‘n plaaslike werktuigkundige gegaan nadat hy en sy vrou ‘n rusie gehad.”

Ramatseba het gesê nadat die man teruggekeer het, het sy 15-jarige tienerseun wat aan ‘n rolstoel verbind is, hom meegedeel dat die ma die voertuig met met ‘n bierbottel beskadig het.

Hy sê die vrou het woedend geword toe sy deur haar man gekonfronteer was, en het glo haar woede op hul gestremde seun uitgehaal.

“Sy het haar gestremde tienerseun uit die rolstoel uitgehaal en hom op die bed in die huis gaan neerlê waar sy parafien oor hom uitgegooi en aan die brand gesteek het.”

Ramatseba het gesê die pa en familie-lede kon daarin slaag om die brande te blus, maar dat die tiener steeds ernstige brandwonde opgedoen het.

“Hy was vir vyf maande in die hospitaal vir die behandeling van sy brandwonde.”

Die beskuldigde is dieselfde dag van die voorval in hegtenis geneem.

Die beskuldigde is op 29 Januarie vanjaar in die Galeshewe-streekhof skuldig bevind en is later tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!