Wêreld kanker dag
Wêreld Kanker Dag Foto: Verksaf

Wêreld kanker dag word jaarliks op 4 Februarie gevier.

Op hierdie dag doen Kansa en Wêreld Kankerdag uitreiking  om bewustheid te kweek om inligting oor die algemene mites oor kanker te deel.

Jaarliks hoor 14 miljoen mense dat hulle kanker het en 1 uit 4 mense in Suid Afrika se lewe word deur kanker geraak.

Dit is die feite waaroor ons almal moet praat om protes aan te teken teen negatiewe oortuigings, standpunte en gedragspatrone wat mites toelaat om te bly.

Die mites veroorsaak vrees en stigma en dit verhoed dat mense vroeë opsporingtoetse laat doen en behandeling te ontvang en om inenting van die hand te wys.

Mense van enige ouderdom, ras, geloof, geslag en ekonomiese status word deur kanker geraak en kanker ken geen vooroordele nie.

Wanneer die mens deur kanker gekonfronteer word, is opvoeding en kennis die magtigste wapen.

Kansa fokus op vier algemene mites oor kanker en verskaf feite oor elkeen naamlik;

  • dis nie vir ons nodig om oor kanker te praat nie
  • daar bestaan geen tekens of simptome wat op kanker dui nie,
  • daar is niks wat ek oor kanker kan doen nie
  • ek beskik nie oor die reg tot kankersorg nie.

Kansa se wenke wat hulle gee is dat persone bedag moet wees vir ongewone knoppe of swelsels wat somtyds pynloos mag wees en wat groter mag word.

Die Kansa-kantoor in die Namakwa-streek is geleë in de Waalstraat op Springbok wat beman word deur die gemeeskapsmobiliseerder, Suster Geraldine Baadjies.

Vir meer inligting vir hoe u ‘n vrywillige werker vir Kansa kan word, skakel die kantoor by: 027 712 2864 of 079 174 2855.

Nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!