Nababeep inwoners ongelukkig oor geen werksgeleenthede by Plaatjie Klipmyn

Werksgeleenthede is baie skaars in Namakwalandse dorpe.

0

Die gemeenskap van Nababeep is ongelukkig oor die tekort aan werksgeleenthede op die dorp.

Inwoners van verskeie ouderdomme, jonk en oud, het opgeruk na die Plaatjie Klipmyn omdat die myn geen werksgeleenthede aan die dorp bied nie.

Inwoners van Plaatjie het gister die pad afgesper, en toegang aan produksievoertuie geweier.

Hierdie voertuie kom na bewering van Klipmyn.

Dit het tot gevolg gehad dat die plaaslike polisie moes ingryp en die voertuie uit die dorp begelei.

Die myn beweer dat dit ou produksie is wat uit die myn gery word, en daarom is niemand aangestel vir werk nie.

Lede van die gemeenskap is warm onder die kraag en voel dat hulle wil deel wees van die werkproses.

Leave A Reply

Your email address will not be published.