10 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 166."

0

Dr. Zweli Mhkize, minister van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 10 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Khâi Ma plaaslike munisipaliteit, Nama Khoi regsgebied en Kamiesberg plaaslike munisipaliteit onderskeidelik drie elk en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit een.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 806, met 5 229 genesings.

Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 510 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 136 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 52 968.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 166.

Sowat 42 630 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 9 170 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.