10 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 903."

0

In die jongste verslag periode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 10 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die Koronavirus gevalle is toegeken aan die Namakhoi regsgebied (7), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (2) en Hantam plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 307, met 4 790 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 453 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 290 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 40 887.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 903.

Sowat 35 010 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 972 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.