10 nuwe Korona-virus verwante sterftes aangemeld vir die Namakwa-distrik

"Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 7 599, die sterftesyfer staan op 77, met 10 nuwe gevalle wat bygevoeg is, met 6 682 genesings en diè distrik het 840 aktiewe gevalle."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 16 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (6), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (5), Khâi ma plaaslike munisipaliteit (4) en Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 7 599, die sterftesyfer staan op 77, met 10 nuwe gevalle wat bygevoeg is, met 6 682 genesings en diè distrik het 840 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 143 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 63 725.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 582.

Sowat 57 660 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 481 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.