PinkDrive besoek Namakwaland

"PinkDrive geborg deur Black Mountain Mining."

0

Kanker (Latyn: neoplasma malignum) is ‘nversameling van siektes waar selle onbeheersde groei toon.

Kanker is die versamelnaam vir ʼn groot aantal siektes wat gekenmerk word deur die onbeheerde groei van selle.

Die siektes gaan in byna alle gevalle gepaard met die vorming van kankergewasse of tumors.

Die verskillende tipes kanker word ingedeel volgens die weefselsoort of die orgaan waarin dit sy oorsprong het.

Die ongehinderde groei van die selle van ‘n kankergewas lei daartoe dat die gewas deur die normale anatomiese grense breek en daardeur normale weefsel verdruk en so na ander dele van die liggaam versprei.

Die 6de jaarlikse PinkDrive kom!

Sluit aan by die Black Mountain Kompleks terwyl hulle saamwerk met PinkDrive vir vroeë opsporing en behandeling van borskanker, servikale, prostaat-en testikulêre kanker binne die Black Mountain Kompleks se gasheergemeenskappe.

Die PinkDrive begin op Maandag, 30 Augustus in Okiep by die Okiep Kliniek vanaf 09h00 – 16h00;

Dinsdag, 31 Augustus in Nababeep by die Nababeep-hospitaal vanaf 09h00-16h00;

Woensdag, 01 September in Bergsig by die Bergsig Kliniek vanaf 09h00-16h00;

Donderdag, 02 September in Pella by die Pella Kliniek vanaf 09h00-16h00; en

Vrydag, 03 September, sluit die PinkDrive af in Pofadder by die Pofadder Kliniek vanaf 09h00 16h00.

Almal is welkom om die PinkDrive by te woon!

PinkDrive geborg deur Black Mountain Mining.

Leave A Reply

Your email address will not be published.