108 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 108 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (56), Hantam (17), Richtersveld (17), Kamiesberg (12) en Khâi Mai (6).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 076, die sterftesyfer is 125, met 11 668 genesings en diè distrik het 1 283 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 247 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 88 054.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 138.

Sowat 80 293 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 621 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.