11 Nuwe Covid-19 gevalle in Namakwa-distrik bevestig

"7 Nuwe gevalle van Covid-19 is in die Nama Khoi regsgebied bevestig."

0

Die Nama-Khoi regsgebied het in die jongste verslagtydperk van 24-uur, die meeste Covid-19 gevalle aangeteken in die Namakwa distrik.

“7 Nuwe gevalle van Covid-19 is in die Nama Khoi regsgebied bevestig.”

Karoo Hoogland en Kamiesberg het elk twee gevalle onderskeidelik aangeteken.

Die Nama-Khoi regsgebied se totaal Covid-19 gevalle is 1 938, met 789 genesings.

Die sterftesyfer in die regsgebied bly onveranderd op 14, wat Nama Khoi laat met 1 135 aktiewe gevalle.

Die totaal nuwe koronavirus gevalle vir die Namakwa distrik is 11, wat die totaal in die distrik tot op  3 448 te staan bring, met 1 545 genesings.

17 Sterftes is tot op hede bevestig, wat die distrik laat met 1 886 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het aangekondig dat nog 32 mense in die Noord-Kaap positief vir Covid-19 getoets het.

Dit bring die total in die provinsie tot op 32 658 te staan.

“In die jongste verslag het ZF Mgcawu die hoogste aantal nuwe positiewe gevalle aangeteken van 14, gevolg deur Namakwa (11), JT Gaetsewe (5) en Frances Baard (2), terwyl daar in Pixley Ka Seme geen nuwe gevalle gerapporteer is nie.”

Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens COVID-19-komplikasies staan ​​op 602.

Die aantal aktiewe covid-19 gevalle  in die provinsie is 3 625, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 87%.

28 429 Mense het herstel van COVID-19.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.