12 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 562, met 5 026 genesings."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 12 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (8), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (2) en Kamiesberg en Hantam plaaslike munisipaliteit onderskeidelik (1).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 562, met 5 026 genesings.

Die sterftesyfer staan op 66 en dit laat diè distrik met 470 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 484 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 47 932.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 027.

Sowat 38 965 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 938 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.