12 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken die Nama Khoi regsgebied (6), Hantam en Khâi Ma onderskeidelik 2 en Karoo Hoogland en Richtesveld een onderskeidelik."

0

In die jongste verslagperiode is daar 12 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken die Nama Khoi regsgebied (6), Hantam en Khâi Ma onderskeidelik 2 en Karoo Hoogland en Richtersveld een onderskeidelik.

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 769, die sterftesyfer is 133, met 13 222 genesings en diè distrik het 414 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 51 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 92 094.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 237.

Sowat 88 135 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 1 722 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.