13 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"In die Noord-Kaap is 419 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 47 449."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 13 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan Hantam plaaslike munisipaliteit (6), Nama Khoi regsgebied (5), en Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 550, met 5 026 genesings.

Die sterftesyfer staan op 66 en dit laat diè distrik met 458 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 419 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 47 449.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 021.

Sowat 38 849 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 577 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.