13 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die Koronavirus gevalle is toegeken aan die Hantam plaaslike munisipaliteit (7), Namakhoi regsgebied (4) en Richtersveld plaaslike munisipaliteit (2)."

0

In die jongste verslag periode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 13 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die Koronavirus gevalle is toegeken aan die Hantam plaaslike munisipaliteit (7), Namakhoi regsgebied (4) en Richtersveld plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 326, met 4 793 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 469 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 292 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 41 166.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 908.

Sowat 36 700 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 556 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.