14 NK onderwysers sterf weens Covid-19, sedert uitbraak in SA

0

Die Noord-Kaap het sedert die begin van die Covid-19 pandemie in Suid-Afrika, die dood van 14 opvoeders bevestig.

‘n Woordvoerder vir die departement van onderwys, Geoffrey Van der Merwe, het bevestig dat die 14 onderwysers sedert die aanvang van die nasionale inperking in Maart tot Desember 2020, aan Covid-19 verwante kompilaksies gesterf het.

“Suid-Afrika het sedert die begin van die tweede golf van virusinfeksies in Desember 2020, alreeds verskeie sterftes van onderwysers regoor die land bevestig.”

Van der Merwe sê dat die departement egter onverpoos voort sal gaan, om alle Covid-19-regulasies en -riglyne na te kom.

Die departement wil veral uitbrake in skole vermy.

Intussen voeg Van der Merwe by dat die departement Dinsdag sy sentrums amptelik geopen het, waar die nasien van matriekeksamenvraestelle plaasvind.

Daar is nog nie begryp hoe die dood van hierdie opvoeders die leer en onderrig by verskillende skole in die Noord-Kaap sal beïnvloed nie.

Die departement van onderwys het aangekondig dat skole op 27 Januarie 2021 sal heropen.

Die departement het ook hul medelye met die families en skole gedeel, wat direk of indirek deur Covid-19 geraak word.

 

Bron: OFM Nuus

Leave A Reply

Your email address will not be published.