14 Nuwe Korona-Virus Gevalle Vir Die Namakwa-Distrik Bekend

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 14 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (11), Hantam plaaslike munisipaliteit (2), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (1) .

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 469, met 4 921 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 66 en dit laat diè distrik met 482 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 299 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 43 943.

Leave A Reply

Your email address will not be published.