14 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 925."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 14 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die Koronavirus gevalle is toegeken aan die, Namakhoi regsgebied (7), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (4), Hantam em Khâi-Ma plaaslike munisipaliteit onderskeidelik 2.

Die Namakwa- distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 379, met 4 796 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 65 en dit laat diè distrik met 518 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 349 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 42 179.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 925.

Sowat 36 927 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 325 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.