15 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak

"Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 191, met 4 347 genesings."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 15 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken vir die Nama Khoi regsgebied (9), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (6).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 191, met 4 347 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 780 aktiewe gevalle.

 

In die Noord-Kaap is 139 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 39 393.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 884.

Sowat 35 135 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 366 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.