15 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken die Nama Khoi regsgebied (7), Hantam (6) en Khâi Ma (2). "

0

In die jongste verslagperiode is daar 15 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken die Nama Khoi regsgebied (7), Hantam (6) en Khâi Ma (2).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 784, die sterftesyfer is 133, met 13 292 genesings en diè distrik het 359 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 71 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 92 165.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 237.

Sowat 88 320 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 1 608 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.