158 Skole in Noord-Kaap deur COVID-19 geaffekteer

0

Tot op hede is daar 158 skole geraak deur COVID-19, sê die Noord-Kaapse departement van onderwys.

Van die 158 skole, is 12 skole gesluit vir ontsmetting, om te verseker dat dit veilig is vir opvoeders en leerders om terug te keer.

Die department se woordvoerder, Geoffrey Van der Merwe, sê dat die department tevrede is met die manier waarop die onderwysstelsel die terugkeer van alle grade in Augustus 2020 hanteer het.

“Skole maak gebruik van gedifferensieerde roosters om te verseker dat die COVID-19-regulasies en -riglyne nagekom word.”

“Die departement  se pogings is daarop gemik om die akademiese jaar van die skool te red, met die spesifieke fokus op die graad 12-leerders.”

“Daar is reeds met Saterdagklasse en naweek-inkubasie sessies begin, in terme van die matriek-intervensie programme.”

Die beplande inkubasiekampe vir alle distrikte is opgeskort en die department  is besig om hul benadering in hierdie verband te herkonfigureer, om te verseker dat leerders optimaal voordeel trek uit hierdie inisiatiewe.

Daar moet in gedagte gehou word dat ons in ‘n pandemie vasgevang is, wat die lewens van opvoeders en leerders in gevaar kan stel.

Van der Merwe het genoem dat die LUR, Nontobeko Vilakazi, tans as waarnemende LUR vir onderwys in die Noord-Kaap dien.

“Diè department waardeer die leiersrol wat sy steeds in die onderwyssektor toon terwyl ons deur hierdie moeilike en onseker tye navigeer.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.