16 Nuwe Covid-19 gevalle in Nama Khoi bevestig

"16 Nuwe gevalle van Covid-19 is in die Nama Khoi regsgebied bevestig."

0

Die Nama-Khoi regsgebied het in die jongste verslagtydperk van 24-uur, die meeste Covid-19 gevalle aangeteken in die Namakwa distrik.

“16 Nuwe gevalle van Covid-19 is in die Nama Khoi regsgebied bevestig.”

Hantam het vyf nuwe gevalle bevestig, Karoo Hoogland en Kamiesberg elk een onderskeidelik, en die Richtersveld het 3 nuwe gevalle aangeteken.

Die Nama-Khoi regsgebied se totaal Covid-19 gevalle is 1 938, met 789 genesings.

Die sterftesyfer in die regsgebied bly onveranderd op 14, wat Nama Khoi laat met 1 135 aktiewe gevalle.

Die totaal nuwe koronavirus gevalle vir die Namakwa distrik is 25, wat die totaal in die distrik tot op  3 437 te staan bring, met 1 545 genesings.

17 Sterftes is tot op hede bevestig, wat die distrik laat met 1 875 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mhkize, het aangekondig dat ‘n bykomende 99 mense positief vir Covid-19 in die Noord-Kaap getoets het.

Dit bring die provinsie se kumulatiewe totaal tot op 32 628 te staan.

“In die jonste verslag het Frances Baard die hoogste aantal nuwe positiewe gevalle aangeteken van 40, gevolg deur Namakwa met 26, J T Gaetsewe (13), Pixley Ka Seme (12) en  ZF Mgcawu (6).”

Die provinsie se aantal kumulatiewe sterftes weens Covid-19 verwante komplikasies staan nou op 600.

Die totale aktiewe gevalle is 3 639 en die herstelsyfer het intussen toegeneem tot 28 387, wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 87%.

 

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.