16 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 162."

0

Dr. Zweli Mhkize, minister van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 16 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (10), Hantam plaaslike munisipaliteit (4) en Nama Khoi regsgebied en Richtersveld plaaslike munisipaliteit onderskeidelik een.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 796, met 5 221 genesings.

Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 508 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 428 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 52 832.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 162.

Sowat 42 421 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 9 247 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.