16 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (6), Khâi Ma (5), Richtersveld (3), en Hantam en Karoo Hoogland onderskeidelik een."

0

In die jongste verslagperiode is daar 16 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (6), Khâi Ma (5), Richtersveld (3), en Hantam en Karoo Hoogland onderskeidelik een.

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 821, die sterftesyfer is 133, met 13 384 genesings en diè distrik het 304 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 59 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 92 361.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 246.

Sowat 88 509 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 1 606 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.