16 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan die Hantam (8), Khâi Ma (3), Karoo Hoogland en Richtersveld onderskeidelik twee en Nama Khoi regsgebied (1)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 16 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Hantam (8), Khâi Ma (3), Karoo Hoogland en Richtersveld onderskeidelik twee en Nama Khoi regsgebied (1).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 619, die sterftesyfer is 129, met 12 343 genesings en diè distrik het 1 147 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 97 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 91 366.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 206.

Sowat 84 594 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 566 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.