#16DaeVanAktivisme: Man swaar gestraf vir moord op vrou en tienerseun

0

Daniel Dipheko (48) is gister in die Noord-Kaapse hooggeregshof, tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vrou en kind.

Dit kom te midde die land die 16 dae van aktivisme veldtog, vir geen geweld teen vroue en kinders herdenk.

Dipheko is ook gevonnis vir poging tot moord op sy ander kinders.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Mojalefa Senokoatsane, het bevestig dat Dipheko die volle mag van die wet in die gesig sal staar, nadat die misdaad alreeds in Desember 2018 plaasgevind het.

“Ondersoeke het aan die lig gebring dat hy ‘n vlambare stof op sy vrou, Abigail Mathuto Mogadile, uitgegooi en haar aan die brand gesteek het.”

Dipheko en Mogadile se woning het ook gevolglik vlamgevat.

Hul 16-jarige seun, wat ongelukkig nie betyds uit die brandende huis kon ontsnap nie, het ook in die vlammehel omgekom.

Dipheko se drie ander kinders het die traumastiese gebeurtenis oorleef – hoewel hulle brandwonde opgedoen het.

Dipheko is lewenslank gevonnis vir moord, poging tot moord en brandstigting.

Die vonnisse sal almal gelyktydig verloop.

Die Noord-Kaapse polisie het die vonnisoplegging verwelkom.

Leave A Reply

Your email address will not be published.