17 Nuwe Covid-19 gevalle aangeteken vir die Nama Khoi regsgebied

"In die jongste verslag is die meeste gevalle aangeteken deur Namakwa 28,  gevolg deur  ZF Mgcawu met 17, gevolg deur Pixley Ka Seme (11) en JT Gaetsewe (8)."

0

Die Nama-Khoi regsgebied het in die jongste verslagtydperk van 24-uur, die meeste Covid-19 gevalle aangeteken in die Namakwa distrik.

“17 Nuwe gevalle van Covid-19 is in die Nama Khoi regsgebied bevestig.”

Twee nuwe gevalle is in die Richtersveld bevestig, en Hantam het nege nuwe gevalle aangeteken.

Die Nama-Khoi regsgebied se totaal Covid-19 gevalle is 1 970, met 789 genesings.

Die sterftesyfer in die regsgebied bly onveranderd op 14, wat Nama Khoi laat met 1 135 aktiewe gevalle.

Die totaal nuwe koronavirus gevalle vir die Namakwa distrik is 28, wat die totaal in die distrik tot op 3 486 te staan bring, met 1 545 genesings.

17 Sterftes is tot op hede bevestig, wat die distrik laat met 1 924 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het aangekondig dat nog 88 mense in die Noord-Kaap positief vir Covid-19 getoets het.

Dit bring die total in die provinsie tot op 32 772 te staan.

“In die jongste verslag is die meeste gevalle aangeteken deur Namakwa 28,  gevolg deur  ZF Mgcawu met 17, gevolg deur Pixley Ka Seme (11) en JT Gaetsewe (8).”

Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens COVID-19-komplikasies staan op 613.

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is 3 654, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 87%. 28 503 Mense het herstel van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.