17 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"In die Noord-Kaap is 299 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 42 733."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 17 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (9), Hantam plaaslike munisipaliteit (4), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (3) en Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 398, met 4 866 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 65 en dit laat diè distrik met 467 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 299 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 42 733.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 958.

Sowat 37 330 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 443 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.