17 nuwe Korona-virus gevalle was vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die sterftesyfer bly 64 en dit laat diè distrik met 1 059 aktiewe gevalle."

0

‘n Totaal van 17 nuwe Korona-virus gevalle was vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die nuwe gevalle is toegewys aan die Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (9), Nama Khoi regsgebied (5), Hantam plaaslike munisipaliteit (2) en Richtersveld plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 598, met 3 475 genesings.

Die sterftesyfer bly 64 en dit laat diè distrik met 1 059 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 84 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkize.

Die provinsie se kumulatiewe totaal staan op 36 256.

Die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan tans op 824. Sowat 32 847 het genees van die virus en laat die provinsie met 2 583 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.