19 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 843."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 19 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken vir die Nama Khoi regsgebied (10), Hantam plaaslike munisipaliteit (5), 2 onderskeidelik vir Khâi-Ma en Richtersveld plaaslike munisipaliteite.

Die Namakwa- distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 848, met 3 475 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 1 309 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 169 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 37 500.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 843.

Sowat 33 765 het genees van die virus en laat die provinsie met 2 890 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.