199 Kovid-19 gevalle oor die naweek in die Namakwa distrik aangemeld

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 683".

0

Die afgelope naweek was daar ‘n totaal van 199 nuwe Kovid-18 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld, vir Vrydag 23 Julie, 99; Saterdag 24 Julie, 81 en Sondag 24 Julie, 19.

Vir die Nama-Khoi regsgebied is ‘n totaal van 153 Kovid-18 gevalle vir die naweek aangemeld.

Vrydag 23 Julie 81, Saterdag 24 Julie 58 en Sondag 24 Julie 14.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (14),  Khâi ma en Hantam plaaslike munisipaliteite onderskeidelik 2 elk en Karoo Hoogland (1).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 7 969, die sterftesyfer is 81, met 6 955 genesings en diè distrik het 933 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 160 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 65 383.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 683.

Sowat 58 914 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 784 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.