2 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 2 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (1) Khai Ma regsgebied (1).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 681, die sterftesyfer is 130, met 12 466 genesings en diè distrik het 1 085 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 11 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 91 616.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 219.

Sowat 84 991 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 406 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.