20 Jaar tronkstraf vir verkragting van 11-jarige

0

Die Polisiebestuur in die Noord-Kaap het die 20 jaar tronkstraf verwelkom wat deur die Kuruman-streekhof aan Rapelang Lehumanego (31) oorhandig is.

Rapelang is op, Woensdag 14 September, skuldig bevind vir verkragting.

Tydens die hofverrigtinge het dit aan die lig gekom dat Rapelang die slagoffer meer as een keer in November 2019 verkrag het.

Die slagoffer het prooi geword wanneer sy die beskuldigde se ouers se huis besoek het om televisie te kyk, vertel polisiewoordvoerder Kaptein Olebogeng Tawana

Die slagoffer het toe haar ma oor die verkragtingsvoorvalle gewaarsku.

Rapelang is op 06 November 2019 in hegtenis geneem, drie dae nadat die voorval by die polisie aangemeld is.

Die ondersoekbeampte, Sersant Lebogang Serati van die Kuruman FCS-eenheid, het borgtog suksesvol teengestaan en Rapelang het in polisieaanhouding gebly totdat hy gevonnis is.

Die Kuruman-streekhof het Rapelang ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam is in die Nasionale Seksuele Oortredersregister aangeteken.

Leave A Reply

Your email address will not be published.