20-Jarige verkragter kry 10-jaar agter tralies

0

Richard Senelo (30) is vroeër vandeesweek, in die Kimberley Seksuele Misdrywe hof, tot 10-jaar gevangenisstraf gevonnis, vir die verkragting van ’n 17 jarige meisie.

Senelo het die slagoffer aangeval, terwyl sy oppad was na haar kêrel in Kimberley.

’n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi, het bevestig dat dievoorval reeds op 26 Mei 2018 plaasgevind het.

“Senelo het die slagoffer na ’n informele woon struktuur by Madiba Shacks gedwing, waar hy haar verkrag het.”

Die slagoffer het daarin geslaag om te ontsnap en het die saak by die polisie aangemeld.

Die beskuldigde is op dieselfde dag van die voorval in hegtenis geneem.

Die Noord-Kaapse polisie het die vonnisopleggind verwelkom.

Leave A Reply

Your email address will not be published.