Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Ethiopiese burger vas vir omkopery

‘n 38-Jarige Ethioper is vandeesweek deur die Valke in die Noord-Kaap in hegtenis geneem op klagte van poging tot omkopery.

Die Valke se provinsiale woordvoerder, Nomthandazo Mnisi sê die beskuldigde, Adeno Abamo is op Kuruman gearresteer toe hy glo ‘n immigrasiebeampte met R25 000 wou omkoop.

Mnisi sê daar is tans vyf ander Ethiopiërs in aanhouding en die omkoop-geld na bewering aangebied was vir hul vrylating.

Abamo het vlugtig in die Kuruman landdroshof verskyn en intussen na die Vrystaatse korrektiewe dienste oorgeplaas.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *