Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Video en gallery: Klipfontein wen rugby toernooi

Die rugby-toernooi op Garies verlede naweek het menigte luidkeels langs die kantlyn gehad met ‘n wêreldklas spel.

Die Marigolds van Garies, Klipfontein United en die Oceans van Hondeklipbaai het aan die Burgemeester Rugby Toernooi 2019 deelgeneem.
Klipfontein United het die toernooi gewen.

Marigolds met ‘n meerderheid kwaliteit en skitterende spelers kan enige span klop, maar doellose foute het hul ondergang beteken. Tenspyte van skitterende verdediging van die span, kon hul net nie daarin slaag om af te rond nie.

‘n Skoon drie gedruk deur Marigolds voorspeler wat hul voorsprong kon vergroot na 20 punte, teenoor United se 7 punte, is ook nie toegeken na ‘n beslissing deur die skeidsregter nie.

Klipfontein united het Marigolds se foute uitgebyt, en vinnig 14 punte aangeteken binne 10 minute, en hul ‘n voorsprong van 21 teenoor 15 verseker het. Daarna het Klipfontein weer gaan druk, en verdoel, en het hul verseker dat hul die gesogte trofee verower.

Klipfontein wen die Burgemeester rugby trofee 2019 oortuigend ,deur Marigolds te klop met 28 punte teenoor 15.
Die Klipfontein rugby span United, het ook onlangs die rugby liga trofee verower in ‘n finale wedstryd teen Hondeklipbaai se Oceans.

Klipfontein is een van die onvoorspelbare en gevaar spanne wat definitief mee rekening gehou moet word.
Philogan Watt blitsige vleul van Klipfontein United is aangewys as beste speler van die toernooi.
Garies se Marigolds, het tweede geeïndig in die toernooi.

Please follow and like us:
News, Sport

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *