Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

LUISTER: Namakwa se goue-oues gaan speel in die Oos-Kaap

Sowat 44 deelnemers in die Namakwa-distrik sal aan die jaarlikse nasionale Goue Spele deelneem wat vanaf 20 tot 26 Oktober in Port-Elizabeth in die Oos-Kaap sal plaasvind.

Ongeveer 17 van hierdie spelers is van die Hantam-distrik op Calvinia. Calvinia spog egter met ‘n heel eerste vroue sokkerspan wat vanjaar gaan kompeteer.

Sewe bejaardes van die Kamiesberg streek se atlete is onlangs opgeneem in die Noord-Kaap se Goue Spele-span, en is slaggereed om hul streek en provinsie se naam hoog te hou.

Die Goue Spele is ‘n jaarlikse instelling wat regoor die land plaasvind waar senior burgers aan verskeie sportsoorte deelneem.

Die spele word deur die departement maatskaplike dienste gefasiliteer, en word verskeie bejaardes die geleentheid gebied om in hul sport-talente uit te blink. 

‘n Fasiliteerder vir die Namakwa-distrik, Lorny van Neel het gesê belangstelling in die Goue Spele het groot belangstelling by bejaardes gewek.

Lorny van Neel

“In 2018 het 26 deelnemers aan die nasionale kampioenskappe deelgeneem en vanjaar is daar 44 deelnemers.”

Van Neel het gesê daar word beoog om in 2020 se Goue Spele, drie nuwe sportsoorte by te voeg. Dit sluit in netbal, rolbal en vlugbal.

Die huidige spele is: duck walk, rugby ball throw, jukskei, 100m aflos, briskwalk, pall pass & kick, ring the stick, pegging washing pegs, en mans sokker en vroue sokker.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *