Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Plaaslike diamant handelaar in Gauteng aangekeer

‘n Man van die Namakwa distrik is verlede week deur ‘n private sekuriteitsmaatskappy en die die polisie se vliegpan in Gauteng aangekeer met diamante met ‘n geskatte waarde van R56 miljoen.

Luidens ‘n verklaring wat op die sekuriteitsmaatskappy, TTR24 (Trace, Track & Recover) se sosiale media blad gepos is, is hulle glo ingelig deur ‘n informant van 152ct se onwettige diamante wat vanaf die Noord-Kaap na Gauteng toe gesmokkel word.

Volgens TTR24 het hul inligting gelei na die Rosebank Mall en het toe drie sekuriteits-eenhede ontplooi- en die hulp van die Gauteng polisie se vliegpan ingeroep.

Die inskrywing op TTR24 se sosiale media blad.
Die inskrywing op TTR24 se sosiale media blad.

“TTR24 en die polisie het die verdagtes gearresteer. Persone en voertuie is deursoek en ongeveer R56 miljoen se diamante en ander edelstene, gesny en ongesny, is gevind,” lui die verklaring op sosiale media.

Vier verdagtes is egter in hegtenis geneem.

‘n Woordvoerder van die Rosebank polisie, Sersant Bongi Mdletshe het bevestig dat die vier persone met diamante en edelstene in hul besit gearresteer was, maar dat slegs een van die mans in aanhouding gebly het.

“Die polisie het die saak aan die Valke oorhandig,” het Mdletshe aan RadioNFM gesê.

‘n Woordvoerder vir die Valke, Kaptein Lloyd Ramovha het die voorval bevestig, maar het bygevoeg dat die beweerde beskuldigde vrygelaat is.

“Ons het die man ondervra en hy kon bewys dat hy ‘n wettige diamant handelaar is,” het Ramovha gesê.

Hy sê die man is vrygelaat met sy diamante omrede sy permit vir die besit van diamante geldig is.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *