Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Upington moordenaar kry lewenslange tronkstraf

’n Moordenaar op Upington is gister tot lewenslank vir moord gevonnis en nog 15 jaar vir roof in die Upington hooggeregshof.

Piet Jors is skuldig bevind aan die moord op die 71-jarige Frederick Rademeyer.

’n Polisie woordvoerder, Sersant Sharon Masegela het gesê die moord het op 26 Januarie vanjaar plaasgevind.

Masegela sê die die slagoffer was geroof van sy kontant en selfoon voor sy gru-moord.

Rademeyer se tuinier het die volgende oggend sy liggaam ontdek en die polisie ontbied.

Masegela sê verder die polisie het ’n soektog geloods nadat Jors se vingerafdrukke op die moordtoneel gevind is.

“Jors het skuldig gepleit op beide klagtes tydens sy verhoor,” het Masegela gesê.  

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *