Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

LUISTER: ‘Delwery kan lei tot nòg sterftes’
"Die grond waar delwery plaasvind is onstabiel en kan neersak terwyl mense besig is om te delf." Foto: Verskaf

Gemoedere het gister hoog geloop op Hondeklipbaai nadat werkers van die myn op Koingnaas wat deur West Coast Resources bemyn word, kennis gegee het oor sy aansoek om likwidasie aan die hooggeregshof.

Luidens ‘n stemboodskap wat die ronde gedoen het, het lede van die publiek gaan delf waar sekerheidwagte glo begin skiet het.

Die oorsprong van die stemboodskap kon egter nog nie geverifieer word nie.

Intussen is daar steeds groot kommer oor delwery op Kleinzee.

Victor Cloete, ‘n inwoner op Kleinzee waarsku dat nòg sterfgevalle dié dorp kan tref indien die regering en De Beers nie ingryp nie.

Cloete, in sy voormalige kapasiteit vir De Beers het te make gehad met gemeenskapsontwikkeling en skakeling.

“Die grond waar delwery plaasvind is onstabiel en kan neersak terwyl mense besig is om te delf.”

Cloete meen dat regulasies geïmplimenteer en ‘n beheerliggaam saamgestel kan word om ‘n ommeswaai in die situasie te maak.

Hy sê die huidige situasie bring verskeie komponente van onwettigheid mee, veral misdaad.

“Die mense delf sonder ablusie geriewe en veiligheidsmaatreëls. Sosio ekonomiese uidagings forseer mense om kanse te vat ongeag die gevolge.”

Cloete sê die regulering sal ook help om misdaad te bekamp.

“Dit is frustrerend om te weet dat die kleinskaalse mynbou in Kimberley deur die regering bygestaan ​​is en dat Namakwaland blatant geïgnoreer word. Waarom wag hulle dat hierdie omstandighede eers buite beheer is?

Hy sê die regering en myne sal verantwoordelikhede moet nakom om areas te identifiseer waar gemyn kan word.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *