Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Rassisme op Hoërskool Noord-Kaap kommerwekkend vir onderwys-LUR
LUR vir onderwys, Mac Jack. Foto: Verskaf

Die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, Mac Jack, het ‘n span bestaande uit senior bestuurders in sy departement gestig om die bewerings van rassisme by die Noord-Kaap Hoërskool in Kimberley te ondersoek.

Jack het gesê die rasse-voorvalle is vir hom kommerwekkend.

Ouers het die insidente onder sy aandag gebring, wat ‘n opvoeder en leerders betrek.

“Ondanks hierdie groot probleme wat onmiddellik aangepak moet word, is dit prysenswaardig dat leerders dapper genoeg is om na vore te kom om te spreek teen ongeregtigheid en diskriminasie wat in hul skole plaasvind,” het Jack gese.

Jack het verder genoem dat dit vir elke leerder buitengewoon skrikwekkend en uitdagend kan wees om dit te doen, “aangesien hulle openlik gekant is teen geïnstitusionaliseerde rassisme wat deur hierdie skole ondersteun of as die norm beskou word.”

“Rassisme in Suid-Afrikaanse skole moet vanuit die historiese konteks daarvan verstaan word.

Die apartheidsera het skole gekondisioneer om die samelewing te herstruktureer ten opsigte van klas, geslag en ras.”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *