Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Bejaarde vrou verkrag
Illustrasie foto: Cristian Newman on Unsplash

Die polisie het in ‘n verklaring gesê die veiligheid van senior burgers is ‘n topprioriteit.

Dit kom nadat ‘n 72-jarige vrou gister in Galeshewe in Kimberley verkrag is.

‘n Polisiewoordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba, het gesê ‘n 58-jarige man is in hegtenis geneem deur die Galeshewe polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe.

“Die veiligheid van senior burgers is altyd ‘n topprioriteit van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en lede van die gemeenskap word versoek om te verseker dat ons bejaardes te alle tye beskerm word. Plaaslike stasies of gemeenskapspolisieforums kan gekontak word vir hulp,” het Ramatseba gesê.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *