Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Geen kriminele klagtes oor beweerde rassisme by Hoërskool Noord-Kaap
Illustrasie foto: Feliphe Schiarolli on Unsplash

Die Noord-Kaapse department van ondewys kan egter nie bevestig dat daar regstappe geneem en of kriminele klagtes gelê is teen die Hoërskool Noord-Kaap nie.

Aantygings van rassisme het gedurende verlede week aan die lig gekom by dié skool waar die LUR vir onderwys, Mac Jack ‘n kommittee bestaande uit senior lede in sy kantoor saamgestel het om die bewerings te ondersoek.

Ouers het glo klagtes ingedien wat onder Jack se aandag gebring is met betrekking tot ‘n opvoeder en leerders van die skool.

Jack het gesê die rasse-voorvalle is vir hom kommerwekkend.

Hy het gesê dat rassistiese gedrag nie geduld sal word nie, en dat onderwysers wat daarvan beskuldig word, eerder afgedank word.

‘n Woordvoerder vir die departement, Geoffrey van der Merwe het aan Radio NFM Nuus gesê dat hy nie kan bevestig of enige kriminele klagtes by die polisie – of by die menseregtekommissie ingedien is nie.

‘n Woordvoerder vir die polisie in Kimberley, Kaptein Tessa Jansen het egter bevestig dat geen kriminele klagtes rakende dié kwessie aangemeld is nie.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *