Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

LUISTER: Cannabis kweekhuis verdagtes glo deel van beweerde onwettige dorpstigters

Die Kamiesberg gemeenskap is warm onder die kraag oor beweerde verdagte aktiwiteite op ‘n plaas naby Garies wat glo ‘n broeines vir misdaad geword het.

‘n Inwoner wat hom belas met gemeenskapsake, Petro Willems meen daar is onwettige dorpstigting op ‘n nabygeleë plaas, Eureka.

“Die onwettige dorpstigting op Eureka, naby Garies op die plaas Dikdoom, wat uitsluitlik net vir een rasse groepe ontwikkel word, is stadig maar seker besig om ‘n huisvesting vir kriminele aktiwiteite te word,” het Willems in ‘n verklaring gesê.

Dit kom nadat twee vroue hiér in hegtenis geneem is toe die Valke op ‘n cannabis-kweekhuis toegeslaan het.

Carolina Lombard (56) en Huibrecht Cilliers (50) het reeds in die Springbok se landdroshof verskyn op klagtes van handel met canabis.

‘n Woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisi het gesê inligting wat aan die Valke verskaf is, het na die laboratium op die Eureka-plaas naby Garies gelei.

Mnisi sê sowat elf daggaplante wat in plantpotte gestaan het, is gekonfiskeer saam met toerusting, cannabisroom sowel as verskeie olies wat verpak en verwerk is om daarmee te kweek en verkoop.

“Die waarde van die aanlegte en toerusting is ongeveer R 40 000, het Mnisi gesê.”

“Die vraag ook op almal se lippe, watter onwettige bedrywighede mag dalk nog daar voorkom,” het Willems gevra.

Die aangekeerde vroue word bestempel as inwoners van Garies, maar kon nog nie amptelik bevestig word nie.

Willems het gesê dit sal egter ook ‘n klap in alle vroue se gesigte van Garies wees , indien dit sou uitkom en bevestig word, dat die aangekeerdes nie van Garies is nie.

Hy sê die Kamiesberg munisipaliteit is tans in ‘n hofgeding rakende die onwettige dorpstigting.

“Dit is nou belangrik vir die gemeenskap van Garies om saam te staan om die onwettige dorpstigting finaal te stop.”

“Indien die hof nie ‘n amptelike en finale beslissing kan maak nie, sal daar drasties ingegryp moet word en sal daar bepaalde en harde vrae na die Nasionale Vervolgingsgesag gerig word.”

Willems het verder gesê ‘n petisie ter ondersteuning vir die staking en sloping van die onwettige bedrywighede op Eureka sal in omloop wees.

Hy het gesê die Kamiesberg munisipaleteit saam met die Eureka-bewoners is weer op 5 Desember in die Kimberley hooggeregshof.

“In ‘n demokratiese regeringis daar nie tyd om ons gemeenskappe te verdeel op grond van hul velkleur nie.”

GALLERY: Bedrywighede by Eureka. Fotos: Verskaf

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *