Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

VIDEO: Gemeenskap bid vir oplossing teen dwelms
Die Steinkopf gemeenskap het teen dwelms betoog. Foto: Jason Milford

Die Steinkopf gemeenskap het vanoggend vroeg in ‘n protes-aksie hul misnoë teen dwelmmisbruik uitgespreek.

Lede van hierdie gemeenskap het by die dorp se ingang, teen die N7 byeengekom.

Vreedsame betogers was in wit geklee om “Christelikheid” uitbeeld.

Die Wes-Kaapse departement van maatskaplike dienste bied die volgende inligting rondom dwelmmisbruik en die risiko’s daarvan:

Aktiewe gebruikers van inspuitdwelms (hoofsaaklik heroïen, kokaïen en amfetamien) deel dikwels spuitnaalde, dwelmoplossings en dwelmvoorbereidingstoerusting.

Dit vorm primêre roetes waardeur dwelmgebruikers MIV en hepatitis B en C opdoen en oordra. Hoërisiko- seksuele gedrag gaan dikwels saam met hoërisikodwelmgebruik, wat die kanse op oordrag verder verhoog. Omtrent een derde van vigs-gevalle is elke jaar aan inspuitingdwelmgebruik verwant.

Daarenteen kan middelmisbruik-behandelingsprogramme ’n dramatiese uitwerking hê op die vermindering van die aantal inspuitings of help dit dwelmverslaafdes om op te hou om hulself in te spuit.

Minder gebruik lei tot minder dwelmverwante risikogedrag, en dit lei weer tot minder blootstelling aan MIV.

Die besit, gebruik of verspreiding van onwettige dwelms, en die onbehoorlike besit, gebruik of verspreiding van onwettige dwelms is nie aanvaarbaar in Suid-Afrikaanse skole nie.

Dwelms en alkohol riglyne vir skole:

  • Alle leergeriewe moet duidelike beleide vir beide voorkoming en ingryping hê en moet deur herstellende oriëntasie gesteun word.
  • Alle inligting wat verband hou met dwelmgebruik, -wangebruik of -afhanklikheid deur ’n student moet vertroulik hanteer word (behalwe as die student ’n misdaad gepleeg het, soos gevang word met die verkoop van dwelms op die skoolterrein, in welke geval die naam net aan die polisie en onderwysowerhede bekendgemaak kan word);
  • Met onthulling moet onderwysers en studente gesteun word om die vertroulikheidskwessies te hanteer.
    ’n Student wat by ’n dwelmverwante voorval betrokke is, moet sover moontlik gehelp word om in hulle skool te bly, of, indien nodig, gehelp word om ’n ander skool te kry (www.westerncape.gov.za)
Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *