Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Bedrieërs doen hul voor as die polisie
saps.gov.za

HARTSWATER: Drie mans wat voorgegee het om polisie-beamptes te wees het verlede week in die Hartswater landdroshof verskyn vir bedrog en vir die voordoening as die polisie.

Dit kom nadat ‘n man die Hartswater polisie geskakel het oor die bewering dat sy seun glo in aanhouding was vir beweerde verkragting.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die ‘pa’ het ‘n oproep ontvang van ‘n man wat hom as ‘n lid van die polisie voorgedoen het, en geld geëis het om die saak glo te ‘betwis’.

“Die drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle R1000 ontvang het tydens ‘n lokval deur die polisie,” het Ramatseba gesê.

Die verdagtes het reeds in die landdroshof op Hartswater verskyn.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *