Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Vrou in hegtenis vir beweerde moord op kêrel
Illustrasie foto: Lacie Slezak on Unsplash

DE AAR: ‘n 39-Jarige vrou het gister voor die landdroshof op De Aar verskyn op ‘n klagte van moord.

Brigadier Mohale Ramatseba, ‘n woordvoerder vir die polisie het gesê sy is in hegtenis geneem in verband met die moord op haar kêrel.

Ramatseba sê die 42-jarige man se lyk is Saterdagoggend omstreeks 01:30 langs Moerbiestraat in Kareeville in Sunrise gevind.

Die kêrel is op die toneel dood gesertifiseer deur personeel van die noodhulpdienste.

“Voorlopige ondersoeke het getoon dat die vrou moontlik met die moord van haar kêrel verbind kan word,” het Ramatseba gesê.

Hy sê die polisie kon egter nog nie die motief vir die moord bepaal nie, en die ondersoek duur steeds voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *