Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Calvinia polisie trek dwelmsmous vas
Dwelms en kontant wat deur die Calvinia polisie gekonfiskeer is. Foto: Verskaf.

’n Man van die Wes-Kaap is Woensdag deur die Calvinia polisie in hegtenis geneem nadat dwelms in sy besit gevind is.

’n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die polisie het inligting ontvang dat daar glo dwelms gehandel word op die dorp.

“Die inligting is onmiddellik geoperasionaliseer, wat gelei het tot die inhegtenisneming van die vermeende dwelmhandelaar.”

Die verdagte, ’n 47-jarige man van Kuilsrivier, is in besit van 50 mandrax-tablette, 26 gram tik en R2600 kontant gevind.

Ramatseba sê die geskatte straatwaarde van die dwelms beloop sowat R13 600.

Die polisie-ondersoek duur voort en die verdagte sal na verwagting binnekort voor die landdroshof op Calvinia verskyn.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *